Die Burger

14 March 2013
Jeanne-Marie Versluis

Vrou kry miljoene na vliegongeluk

‘n Stellenbosse vrou en haar dogters gaan bykans $1.45 miljoen (meer as R13 miljoen) van Afriqiyah Airways kry nadat hul gesin se primere broodwinner dood is toe ‘n vliegtuig van Jahannesburg in Tripoli, Libie, neergestort het. Ilse Matthee (46) het a skikkingsooreenkoms met die lugdiens van $1 448 204 bereik en sal alle eise in verband met die ongeluk laat vaar.
Die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria het nou verklaar die skikking is in the beste belang van Matthee se dogters, Inge (17) en Anya (14).

Die Airbus A330 – vliegtuig op vlug 8U771 het op 12 Mei 2010 naby die aanloopbaan in Tripoli neergestort.Van die 93 passasiers en 11 bemaningslede het net een passasier oorleef. Matthee se man, Anton, wat ver Vestech SA (edms.) Bpk gewerk het en via Tripoli na Doebai op pad was, is in die ongeluk dood. Matthee het gese toe haar man dood is, het sy vir Alexander Forbes gewerk. Hoewel sy n goeie inkomste verdien het, het hy baie meer as sy verdien. Hy was die primere broodwinner. Sy het die Londense regsfirma Stewarts Law LLP genader, wat haar in samewerking met ‘n Amerikaanse maatskappy geadviseer het.

Stewarts Law se raad was dat sy Afriqiyah Airways dagvaar. Dit is gedoen met die Kaapse regsfirma Malcolm Lyons & Brivik se hulp.Matthee het R17 079 740 geeis in haar persoonlike hoedanigheid en R3 287 560 en R5 339 371 as voog van haar dogters. Die skikking bepaal dat Matthee $570 903 (R5.3 miljoen) kry; Inge $358 474 (R3.3 miljoen) en Anya $471 327 (R4.4 miljoen). Afriqiyah Airways se versekeraars en herversekeaars het vereis dat die skikking vir Inge en Anya deur ‘n Suid afrikaanse hof bekragtig word omdat hulle minderjaig is.