Eskom moet opdok ná skok

Die Burger

09 April 2012

Philip de Bruin Eskom moet 50{dcbd125d7e4001924a4d570ec927b32311b1a9a7ffee167db7c5dd7f2fba3134} van die skade opdok wat ’n private elektri¬siën opgedoen het toe hy in die gevaarlikste vertrek in enige Eskom-substasie ingestap het en erg geskok is deur kragdrade. Dié vertrek – in omgangstaal bekend as ’n live chamber –van ’n substasie in Vanderbijlpark moes, volgens Eskom se eie regulasies, permanent gesluit gewees het en net onder toesig van ’n Eskom-werker binnegegaan word.

Op 14 Julie 2006, toe mnr. Hendrik Pitzer in die vertrek geskok is, het die Eskom-toesighouer, ene mnr. Fourie, egter gaan hengel en die hek oopgelos omdat hy “aanvaar het dat verwers wat onder sy beheer die mure geverf het” die deur en die hek wat toegang tot die betrokke vertrek gee, sou sluit”.

Pitzer is ’n private elektrisiën wat werk naby die substasie gedoen het. Toe hy sien die hek en die deur staan oop en bewus geword het van die feit dat Fourie weg is, het hy gaan ondersoek instel om seker te maak dat geeneen van die verwers nog in die gevaarlike vertrek is nie. Hy sou daarna die deur en die hek sluit, hoewel hy, volgens hom, vermoed het dat Eskom die kragstasie buite werking gestel het.

Hy is egter geskok toe hy die live chamber binnegegaan het. Appèlregters B. Nugent, A. Cachalia, R. Bosielo en waarnemende appèlregters M. Petse en P. Boruchowitz het Eskom se betoog verwerp dat Pitzer, as gekwalifiseerde elektrisiën, geweet het dat hy deur kragdrade in die live chamber geskok kan word.

Die regters het gesê Eskom het deur sy werknemer (Fourie) nalatig opgetree deur nie toe te sien dat die hek en die deur van die gevaarlike kamer gesluit is nie. Fourie moes voorsien het dat iemand, ook Pitzer, die vertrek kon binnegaan en geskok kan word.

Eskom moet egter net 50{dcbd125d7e4001924a4d570ec927b32311b1a9a7ffee167db7c5dd7f2fba3134} van Pitzer se skade betaal omdat Pitzer self 50{dcbd125d7e4001924a4d570ec927b32311b1a9a7ffee167db7c5dd7f2fba3134} nalatig was deur nie eers by Eskom-beamptes vas te stel of die substasie buite werking is nie.