Fabrieksvoorman eis baie na breukoperasie

Die Burger

Julian Jansen

‘n Fabrieksvoorman van Bridgetown en pa van agt kinders eis honderdduisende rande nadat ‘n dokter wat ‘n breuk moes herstel, hom glo aan die verkeerdekant van sy maag geopereer het. Hy is aan sy gesonde regterkant gesny pleks van aan die linkerkant, beweer mnr. Mohammed Noor Ebrahim (63).

Hy eis R630 000 skadevregoeding van mnr. Pierre Uys, Wes-Kaapse minister van gesondheid, en dr. Charles Simonsz, die chirurg. Die breukoperasie in 2005 het hom as broodwinner “amper sy lewe gekos”, beweer hy. Dr. Siomonsz en die gesondheidsdepartment staan die eis teen.

Ebrahim se vrou, Yasmina, se haar man is nie net fisiek geknou nie. Die operasie het ook ‘n sielkundige letsel gelaat. Ebrahim het by ‘n klerefabriek gewerk toe hy ‘n abdominale breuk opgedoen het. Teen November 2005 wa Ebrahim in erge pyn en Simonsz het hom in die Kingsbury-hospitaal geopereer, maar volgens Ebrahim is hy aan die verkeerdekant gesny.

Hy beweer ook hy is te vroeg ontslaan en die hospital het hom nie behoorlik versorg nie. Hy is twee weke na die operasie weer in die Groote Schuur-hospitaal geopereer.