DIE SON
Survivors Wen Eindelike 

Wednesday 1 Oktober 2014

Hulle mag na Faure crash eis 

Agt  sekondes  het die  verskil  gemaak tussen lewe  en dood  in die  Faure  treinongeluk  in 2006.

Regter  Steven Majiedt  het  in die Bloemfonteinse appélhof bevind  as die trein  op 13 November 2006 teen 40km/h gery het, sou dit betyds kon stop om die  botsing met ‘n lorrie  vol plaaswerkers  te vermy.

Om  teen 40km/h oor die  Croydon – oorgang  te ry, pleks  van 90km / h  , sou die  rit  met  net agt  sekondes  verleng het.

Altesaam 19 mense  is dood  en 12 beseer nadat ‘n plaaslorrie  op die  oorgang  gaan  staan het en deur  die trein getref is.

‘n Saak  om skadevergoeding  is deur  twee oorlewendes , Caroline  Jacobs  en Primilda  Hendricks , teen  Metrorail  en die Suid Afrikaanse Spoor – en – Pendelkorporasie aanhangig gemaak.

Dit was ‘n  toetsaak vir ander hangende sake teen die  respondente.
Verskeie oorlewendes  het destyds in die Kaapse hooggereshof getuig, maar regter Thandazwa  Ndita  het  hul aansoek in Julie verlede  jaar van die hand gewys.

Sy het egter  verlof  tot appél toegestaan.

Majiedt het nou die vorige uitspraak  ter  syde gestel en in sy uitspraak  in die  appélhof  gesê die ongeluk is veroorsaak deur  Metrorail se versuim om die snelheidsperk van 90kn/h vir die betrokke spoorgedeelte, wat die hof  as “buitensporig” bevind het , te hersien en tot 40km/h aan te pas. Majiedt het Metrorail se argument dat die oorgang net met “n boom en flitsende ligte opgegrader kan word as daar drie ongelukke oor vyf jaar is , as onredelik  en onverantwoordelik beskryf .

“Om letterlik te wag vir ‘n ongeluk om te gebeur voordaat veiligsheidsmaatreëls in gestel  word, is uiters nalatig ,” het Majiedt bevind.

Die spoedgrens by die oorgang is ná die ongeluk na  40km /h aangepas.
Die respondente is gelas om die regskoste te dra.

Hendricks se regsverteenwoordiger , Tzvi Brivik van Malcolm Lyons &  Brivik Ingeslote, het gesê Metrorail het misluk om  die publiek teen leed te beskerm, juis omdat daardie spesifieke spoorgedeelte “swak beheer” was.

“Die oorlewendes van hierdie tragedie sal nou op  vergoeding geregtig wees.” Brivik het gesê daar is twee groepe eisers : diegene wat beserings , opgedoen het ( en dus mediese uitgawes het )  en diegene wat ‘n broodwinner verloor het.

Die bedrag wat albei groepe kan eis sal nou bepaal word en aan die respondente  (die spoorowerhede ) deurgegee word.

Volgens Brivik sal die slagoffers hul eise in die hooggeregshof moet bewys: “ Dit sal waarskynlik eers oor ‘n jaar of 18 maande aangehoor word.”

survivors-trian-accident Trein-ongeluk--Son