DIE SON
Sy ‘Geniet Nie Haar Sukses’
Sterf Tragies Na Sy Metrorail – Saak Wen 

Tuesday 14 Oktober 2014

Presies “n week  nadat  Caroline Hendricks  gehoor het sy  het haar saak teen  Metrorail  vir die  Faure – ongeluk gewen, is sy tragies  oorlede.

Regter  Steven Majiedt  het  op  17 September  in die  appélhof  in Bloemfontein bevind as die trein op 13 November 2006 teen 40 km/h gery het, sou  dit  betyds kon stop om die botsing met ‘n lorrie  vol plaaswerkers te  vermy.

Om teen 40km /h oor die Croydon – oorgang te ry  pleks  van 90 km/h, sou die  rit  met net  agt  sekondes verleng het.

Altesaam 19 mense  is  dood  en 12 beseer  nadat ‘n plaaslorrie  op die oorgang  gaan staan het en deur die  trein getref is.

‘n Saak om skadevergoeding is deur  Hendricks (48 ) en Primilda Jacobs  teen  Metrorail  en die Suid- Afrikaanse Spoor – en- Pendelkorporasie aanhangig  gemaak. Hulle  het  die saak  vir hulle  en al die  ander slagoffers gewen.

n Week later , op 24 September , het Hendricks ‘n asma – aanval gehad  en is in  die Swartberge – hospitaal oorlede nadat haar longe  platgeval het.
Volgens die  hoof  van Riverlands  Primêr, Jonathan  Saunders , word Hendricks  oorleef  deur  haar  man, Arend, vyf seuns, ‘n  dogter  en vier kleinkinders.

Hendricks en  Arend  sou  vanjaar  13 jaar getroud gewees het. Hendricks is op 4 Oktober, op haar  seun Dominique  Simon  se  matriekafskeid begrawe. “Dominique  is  tans  in matriek. Hy is die enigste kind in die familie wat al tot  matriek  gevorder het. “Hy is knap  in  wiskunde, maar  benodig  ‘n  mentor weens huislike  omstandighede,” het  Saunders gesê.

Arend is  tans  werkloos. Hendricks  se  regsverteenwoordiger , Tzvi Brivik  van Malcolm Lyons & Brivik  Ingeslote , het gesê dis ‘n  tragedie  dat  Hendricks  nie kon leef  om die sukses  van haar saak te geniet nie.

Volgens Brivik  kan hulle steeds verlies van inkomste tot en met  haar dood, enige mediese koste wat aangegaan is en algemene skadevergoeding vir pyn en lyding  van Metrorail eis.

Volgens Brivik sal die slagoffers  hul eise in die hooggeregshof moet bewys: “ Dit sal waarskynlik eers oor ‘n jaar of 18 maande aangehoor word.”

trianaccident-geniet-nie-haar-sukses