Erika Gibson

Die Burger

Maandag 23 Februarie 2015

Hangvlieg: Verlamde Vra Beheer
Vrou eis meer as R20.m en regulasies 

‘n Britse vrou  wat in ‘n  hangvliegongeluk  in Hermanus  verlam is,  veg in die appelhof om die wet verander te  kry “sodat daar nie meer slagoffers    van ongereguleerde avontuur sport sal wees nie”.

Diane Bewick (45) eis meer as R 20 miljoen van die Burgerlugvaartowerheid (BLO) en die hangvliegvereniging omdat hulle nie verseker het dat die operateur  by  wie sy ‘n tandemhangvlug gedoen het aan die regulasies  voldoen nie.

Sy het  al ‘n skikking met  die  operateur  bereik  en die hooggeregshof het in haar guns beslis oor die eis teen die BLO  en die  vereniging. Dit is teen die uitspraak waarteen die twee liggame nou appelleer.

Die ongeluk  het in die  Paasnaweek van 2004  gebeur . Net  nadat  hulle opgestyg het ,  het die tuig se vlerke in sterk wind ingevou en die vlieënier. Rob De Villiers – Roux van Airteam  and Adventure Africa , het terruggeswenk in die  rigting  van die kranse.

Bewick het haar bene uitgestrek om  die impak  te  verminder en albei gebreek. Sy her ure  lank  hulpeloos  gelê en wag op ‘n  geskikte  helikopter  om haar  hospitalal toe te neem. Weens ‘n  rugmurgbeseering kon  sy nooit  weer loop nie.

Bewick glo die operateur moes besef het die weer is te sleg om te vlieg.
“Naweke gaan tientalle niksvermoedende toeriste  vir hangvlugte  van Leeukop na die strandfront. Die toeriste het  geen waarborg  dat hulle in ‘n  veilige  tuig  en  deur ‘n  behoorlik  gekwalifiseerder operateur  vervoer gaan word nie,” sê haar  prokureur , Tzvi Brivik.
As die Appélhof in Bewick se  guns beslis, sal dit volgens  Brivik verreikende gevolge vir sportvlieggeesdriftiges  in Suid- Afrika  inhou.

Wetgewing laat  hangvlieg met ‘n tandem passassier toe, maar  nie teen  betaling nie. Maar Bewick sê omdat daar  nie  behoorlike regulering is nie, word  sulke vlugte teen betaling ooglopend toegelaat en operateurs  neem nie  behoorlike  versekering  teen ongelukke uit nie.
“Die BLO het geen  voorskrifte  vir of  beheer oor waar  die hangvlieëniers  spring  of  hoeveel opleiding  en ervaring hulle moet  hê voordat  hulle passasiers  aanvaar nie. Winsbejag  is  dus  die hoofoogmerk  eerder as behoorlike opleiding, lisensiëring  en  vliegveiligheid , sê Brivik.

Die owerheid  vergelyk  egter  in sy hofstukke  die situasie  met iets  soos ‘n taxi- ongeluk . ‘n Taxivereniging  sien toe  dat die  bestuurders  rybewyse het.
As iemand  egter nalatig is en in ‘n  ongelisisensieerde bestuurder  se taxi vasry, kan die  vereniging  nie aanspreeklik gehou word vir ‘n passasier se  beserings  nie.

personal-injury-beeld-articlelrg